Alexander Litvinenko

Alexander Valterovich Litvinenko (4 Desember 196223 November 2006) was 'n KGB-kolonel en voormalige luitenant-kolonel van die Russiese FSB. Hy het sy bevelvoerder gekritiseer en het Rusland in 2000 verlaat uit vrees vir vergelding en na die Verenigde Koninkryk geïmmigreer, waar hy in Oktober 2006 volle burgerskap gekry het. Daar het hy twee boeke gepubliseer waarin hy die regering van Wladimir Poetin kritiseer. Op 23 November 2006 het hy in Londen gesterf ná vermoedelike vergiftiging met polonium-210. Sy dood het internasionaal aandag getrek nadat hy die FSB na bewering vanaf sy sterfbed beskuldig het van die daad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search